Toyota keer terug na Formule Een
Motorsport: Haas en Toyota het ooreengekom op ʼn tegniese vennootskap oor die volgende paar jaar. Die Japannese vervaardiger keer ná 15 jaar terug na Formule Een. Toyota wat sy eie werkspan het, sal deur sy Toyota Gazoo Racing-afdeling Haas se amptelike tegniese vennoot word. As deel van die ooreenkoms sal Toyota die ontwerp, tegniese en vervaardigingsdienste verskaf terwyl Haas tegniese kundigheid en handelsvoordele bydra. Toyota se Gazoo-kenteken sal volgende week op Haas se renmotors verskyn op die Amerikaanse Grand Prix in Austin, Texas.