EU-hoof veroordeel aanvalle op VN vredesmag in Libanon
Die hoof van die Europese Unie, Charles Michel, het aanvalle op die Verenigde Nasies se vredesoperasies in Libanon veroordeel en sê dit is onaanvaarbaar en onverantwoordelik. Die VN se tussentydse magte in Libanon, UNIFIL, het gister gesê twee lede van sy vredesmag is gewond toe ‘n Israelse tenkbemanning op ‘n waarnemingstoring gevuur het by sy hoofkwartier in die suidelike stad Naqoura. Die Israelse Weermag beskuldig Hezbollah dat hy in gebiede naby die UNIFIL-poste optree. Michel sê die aanvalle op sy vredesmag is ‘n ernstige oortreding van internasionale humanitêre reg.