Hibakusha wen Nobel Vredesprys
Die Japanse organisasie Nihon Hidankyo, ‘n voetsoolvlakbeweging van kernbom-oorlewendes van Hiroshima en Nagasaki, het die Nobelprys vir Vrede gewen. Die groep, ook bekend as Hibakusha, het hul lewens toegewy aan die stryd vir ‘n kernvrye wêreld. Die Nobelkomitee sê Hibakusha ontvang die Vredesprys vir sy pogings om ‘n wêreld vry van kernwapens te bewerkstellig en om deur getuienis te demonstreer dat kernwapens nooit weer gebruik moet word nie.