Israel voer verdere aanvalle op Hezbollah uit

Minstens 22 mense is dood en 117 beseer ná Israelse lugaanvalle Donderdagaand woongebiede in sentraal-Beiroet in Libanon getref het. Onder die slagoffers is ʼn gesin van agt wat drie kinders insluit. Die aanvalle het bewoonde geboue in twee digbevolkte buurte, Nweiri en Basta, in Bachoura getref. ’n Senior Hezbollah-amptenaar het die aanval oorleef. Israel se ambassadeur by die Verenigde Nasies, Danny Danon, het aan die VN-veiligheidsraad gesê sy land se fokus is op die stryd teen Hezbollah: