Vervaardigingsektor suip steeds aan agterspeen
Volgens High Economic Intelligence se BBP-verslag vir die tweede kwartaal het die vervaardigingsektor ‘n toename van 0,6 persent in reële toegevoegde waarde getoon, vergeleke met ‘n toename van 3 persent in die ooreenstemmende kwartaal verlede jaar. Die positiewe prestasie is hoofsaaklik weerspieël in die subsektor graanmeulprodukte wat ‘n toename van 26,1 persent geregistreer het, vergeleke met ‘n toename van 0,2 persent in die tweede kwartaal van 2023. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die ekonoom en uitvoerende hoof van die Ontwikkelingsbank van Namibië, John Steytler, oor wat gedoen kan word om waarde tot die vervaardigingsektor toe te voeg.