Finansiële stelsel steeds stabiel, veerkragtig

Die Finansiële Stelsel Stabiliteitskomitee by die Bank van Namibië het vroeër die maand vergader om die veerkragtigheid van Namibië se finansiële stelsel teen beide globale en plaaslike risiko’s te evalueer. Na ‘n deeglike evaluering van makro-finansiële ontwikkelings, het die komitee bevestig dat die finansiële stelsel stabiel, gesond en veerkragtig bly. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Sandra Garises, die hoof kommunikasiespanleier, wat meer inligting gee.