Proteas-vroue eerste in Groep B by T20 Wêreldbeker

Krieket: Die Proteas-vroue is weer aan die wenkant by die T20 Wêreldbeker in die Verenigde Arabiese Emirate. Hulle het Skotland in hulle wedstryd in Groep B in Dubai met ʼn allemintige 80 lopies verslaan. Kaptein Laura Wolvaardt, Tazmin Brits en Marizanne Kapp het al drie 40-talle behaal en die Proteas het ’n baie mededingende 166 vir vyf aangeteken. Hulle het Skotland daarna vir net 86 uitgehaal nadat Nonkululeko Mlaba drie paaltjies laat kantel het. Die Proteas is nou eerste in die groep en speel Saterdag hulle laaste groepwedstryd teen Bangladesj.