Namibiërs blink uit op IKR-eendag ranglyste

Die agt assosiaatlande van die Internasionale Krieketraad, wat aan die Krieketwêreldbeker Liga Twee-reeks deelneem, het 87 spelers op die ranglyste vir internasionale eendagkrieket. Namibië se draaibalbouler, Bernard Scholtz, is die voorste bouler van enige assosiaatland, terwyl Gerhard Erasmus die topkolwer is. Nepal se Dipendra Singh Airee is die voorste veelsydige speler. Namibië het vier kolwers op die top-100 ranglys. Hulle is Gerhard Erasmus, Michael van Lingen, JJ Smit en Nicol Loftie-Eaton. Vier Namibiese boulers is op die lys, naamlik Bernard Scholtz, Ruben Trumpelmann, Tangeni Lungameni en Gerhard Erasmus. Drie Namibiërs is op die veelsydige speler-ranglys. Hulle is Gerhard Erasmus, JJ Smit en Jan Frylinck.