Otweya plakkers moet by Backyard Tenants Group aansluit

Die chaos na die brand in die Otweya onwettige nedersetting in Walvisbaai bly in die nuus. Baie van die slagoffers was buitelanders en talle inwoners het die informele huise by welgesteldes gehuur, op onwettige grond. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Immanuel Festus van die Walvisbaai Backyard Tenants Groep, wat sê meer inisiatiewe soos die groep moet op die been gebring word. Die groep het al 1,5 miljoen Namibiese dollar aan die Walvisbaai munisipaliteit betaal vir porsie 19 van Farm 37, waar hulle wil vestig.