Wagner vind sy vegters se oorskot in Mali

Rusland se Wagner-huursoldaatgroep het gesê dat sy vegters die liggame van hul kamerade gevind het wat in Julie in ‘n geveg met Tuareg- rebelle en Islamiete tydens ‘n woestynsandstorm in Mali dood is. Mali, waar militêre owerhede die mag in staatsgrepe in 2020 en 2021 oorgeneem het, veg teen ‘n jare lange Islamitiese opstand. Wagner het in Julie gesê hy het groot verliese gely maar het min besonderhede gegee. In ‘n verklaring het die groep die vonds bevestig maar nie getalle deurgegee nie.