US$13m word verwag in rolprentmemorabilia-veiling

Van Yoda se kierie tot Clint Eastwood se stofjas in “The Good, the Bad and the Ugly”, honderde items gaan volgende maand onder die hamer in ‘n uitverkoping van fliek- en televisie-memorabilia. Vermaaklikheidsmemorabilia-afslaer Propstore verkoop meer as 1 800 items op sy jaarlikse veiling, wat vanjaar van 14 tot 17 November duur, en wat volgens hom meer as 13,1 miljoen Amerikaanse dollar. ‘n Valhelm van ‘n Stormtrooper in bekende toneel in “Star Wars: A New Hope”, sal na raming tot 650 000 Amerikaanse dollar oplewer omdat dit as die skaarsste artefak van die items geag word. 

Foto: Verskaf