Brandslagoffers moet sielsondersoek doen: Nandi-Ndaitwah

Visepresident Netumbo Nandi-Ndaitwah het slagoffers van die brand in Otweya in Walvisbaai besoek. Sy het in Kuisebmond 190 kospakkies geskenk aan die 190 huishoudings wat deur Vrydag se brand geraak is. Nandi-Ndaitwah bevraagteken hoekom die brande so algemeen in Walvisbaai voorkom en sê die gemeenskappe moet sielsondersoek daaroor doen.