Geregshof sê geslag en nasionaliteit is genoeg vir asiel

Die Europese Geregshof het beslis dat nasionaliteit en geslag voldoende is vir ‘n Europese Unie-land om asiel toe te staan aan Afgaanse vroue wie se regte onder die Taliban-bewind onderdruk word. Die Taliban vertolk Islamitiese wette streng sedert hulle in 2021 die bewind oorgeneem het, en verdryf vroue toenemend uit openbare ruimtes. Die Verenigde Nasies beskryf die beperkings op vroue as geslags-apartheid. Die uitspraak volg nadat Oostenrykse owerhede erkenning geweier het vir twee Afgaanse vroue se vlugtelingstatus.