Stad Whk beperk natmaak van openbare tuine

In reaksie op die voortslepende droogte het die Windhoek-munisipaliteit tydelike maatreëls in werking gestel om die besproeiing van openbare tuine en groen ruimtes te beperk. Die Stad sê inwoners sal veranderinge in die tuine waarneem. Grasperke sal twee keer per week met semi-gesuiwerde water besproei word. Bestaande bome en struike sal een keer per week water ontvang. Blomme sal twee keer per week met die hand natgemaak word en geen natmaak sal vanaf Oktober tussen nege-uur en vyf-uur toegelaat word nie. Die maatreëls geld tot April volgende jaar. Die groter meerderheid van die hoofstad se water kom van boorgate en die akwifer.