Iran se opperleier het net lof vir Hezbollah

Iran se opperleier het in ‘n seldsame toespraak sy land se missielaanval op sy aartsvyand verdedig en ‘n belofte gemaak dat sy bondgenote in die streek die stryd teen Israel sal voortsit. Ayatollah Ali Khamenei se toespraak in Teheran was die eerste sedert Iran se tweede aanval ooit op Israel, en ook die eerste sedert die konfrontasies tussen Hezbollah-vegters en Israeliese troepe in ‘n volwaardige oorlog in Libanon ontaard het. Khamenei het Hezbollah geprys en gesê die organisasie lewer ‘n noodsaaklike diens aan die hele streek en die hele Islamitiese wêreld.