Starmer sê Midde-Ooste op die rand van ‘n streeksoorlog

Die Britse eerste minister, Keir Starmer, waarsku die Midde-Ooste is op die rand van ‘n volskaalse oorlog, wat rampspoedig sal wees. Dit volg nadat Iran Dinsdagnag byna 200 missiele afgevuur het op Israel, in weerwraak vir Vrydag se lugaanval in die Libanese hoofstad, Beiroet, waarin die Hizbollah-leier Hassan Nasrallah dood is. Starmer het deelgeneem aan ‘n telefoongesprek om Iran se aanval op Israel te veroordeel. Starmer sê die verergering van vyandighede in die streek moet voorkom word: