Alcaraz verslaan Sinner weer, wen Chinese Ope

Tennis: Carlos Alcaraz het die wêreld-nommer-een, Jannik Sinner van Italië, in ʼn briljante eindstryd verslaan om die Chinese Ope-titel in te palm. Sinner het die eerste stel in ‘n valbylpot gewen, maar die Spanjaard het teruggeveg en die tweede stel 6-4 gewen. Die beslissende stel is ook met ʼn valbylpot beslis en Alcaraz het dit 7-3 gewen om die wedstryd in te palm. Die wêreld-nommer-drie het Sinner hierdie seisoen in al drie hulle kragmetings verslaan. Albei het reeds gekwalifiseer vir volgende maand se ATP-eindtoernooi in Turyn, Italië.