Proteas, Ierland begin met eendagwedstryde

Krieket: Die Proteas kom vandag in Abu Dhabi teen Ierland te staan in die eerste van drie eendagwedstryde. Dit is die laaste geleentheid vir eendag-agterlopers wat volgende jaar in die Kampioenetrofee wil speel. Suid-Afrika het 2-1 teen Afghanistan verloor en gelykop gespeel met 1-1 in ʼn T20-reeks teen Ierland. Suid-Afrika sal na verwagting tydens die toer in alle formate in Pakistan einde vanjaar hulle sterkste span kies vir eendagwedstryde terwyl hulle voorberei vir volgende jaar se Kampioenetrofee. Die wedstryd begin vanmiddag half-twee.