Dis 120 jaar vandag sedert Von Trotha se uitwissingsbevel

Tussen 1904 en 1908 het Duitsland volksmoord op Namibië se Ovaherero- en Nama-bevolkings gepleeg. Daar word beraam dat 80 persent van die Ovaherero- en 50 persent van die Nama-bevolkings dood is van hongersnood, dors, harde arbeid en blootstelling aan onmenslike toestande. Dit is vandag die 120ste herdenking van die uitwissingsbevel wat op 2 Oktober 1904 deur luitenant-generaal Lothar von Trotha uitgereik is. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Maboss Ortmann, ‘n lid van die Nama Tradisionele Leiersvereniging se tegniese komitee, wat sê dat hulle in solidariteit met die Ovaherero is.