Brent klim na Iran se aanval op Israel

Die Brent ru-olieprys het met amper 3,5 persent gestyg na die aanval deur Iran op Israel. Die kommoditeit verhandel tans teen net onder 74,50 Amerikaanse dollar ‘n vat, op van Dinsdagoggend se net bo 70 dollar-vlak. Die land het 200 missiele afgevuur in weerwraak vir wat hy sê die sluipmoord is van Hezbollah leiers in Libanon. Kenners meen die gebied is op ‘n mespunt. Die Israelse premier Benjamin Netanyahu het gesê die aanval sal vergeld word en daar is vrese vir ‘n volskaalse oorlog in die Midde-Ooste.