Vera Looser wen UCI MTB Marathon Wêreldbeker-reeks

Vera Looser het Namibië weer op die wêreldkaart geplaas toe sy die UCI MTB Marathon Wêreldbeker-reeks by Lake Placid in Amerika gewen het. Sy het in Mei die eerste been in Novo Mesto in Slowenië gewen en in Julie derde gekom by die tweede been in Megeve, Frankryk. Looser het die algehele reeks beklink toe sy Rosa van Doorn van Nederland in ‘n resies na die lyn in die derde en laaste been by Lake Placid geklop het. Albei fietsryers het die 100 km-marathon in ‘n tyd van 4 uur, 58 minute 29 sekondes voltooi, terwyl Looser se naaste mededinger vir die algehele reekstitel, Lejla Njemcevic van Bosnië-Herzegovina, derde geëindig het in 4:59:00.