Goewerneur weerlê Trump se aantygings

Orkaan Helene het geskiedkundige skade in die suidooste van die VSA aangerig met honderde mense wat steeds vermis is. Die federale regering het reeds fondse en dienste beskikbaar gestel vir die verskeie deelstate wat Florida en die twee Carolinas insluit, wat geraak is. Maar, die Republikeinse presidentskandidaat Donald Trump kom onder skoot vir die verpolitisering van die ramp. Hy het in Georgia, wat ook geraak is, dit te sê gehad.

Maar die deelstaat se goewerneur Brian Kemp het gou die wanligting reggestel.