Misdaad in Klein Windhoek onder die loep na toeriste beroof is

Klagtes het begin opduik oor toenemende misdaad in Klein Windhoek oorkant die Hidas-sentrum, wat deur motorwagte gepleeg word. Onlangs is twee toeriste by die sentrum beroof, volgens ‘n sosiale media-plasing deur ‘n barmhartige samaritaan wat die toeriste bygestaan en hul besittings teruggekry het. Geen bystand is egter van die polisie in die omgewing ontvang nie. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met raadslid Brian Black van die Windhoek-Oos Kiesafdeling, wat sê hy het die kwessie met die Stad Windhoek opgeneem.