Brent daal verder ten spyte van Midde-Ooste

Oliepryse het vandag uiters stabiel vertoon en selfs verder gedaal, met 2,3 persent, ten spyte van spanning in die Midde-Ooste. ‘n Vat kos nou net meer as 70 Amerikaanse dollar. Ontleders meen sterker aanbodvooruitsigte en lae wêreldwye vraag weeg swaarder as die konflik. Opul en sy vennote sal produksie teen die einde van die jaar opstoot en vraagvooruitsigte in China vertoon steeds traag. Die brandstofprys daal met ‘n dollar op Walvisbaai om middernag.