Ek is vry omdat ek skuldig op die joernalistiek gepleit het – Assange

Julian Assange, die stigter van die WikiLeaks, het vanoggend aan Europese wetgewers gesê sy skuldbekentenis op Amerikaanse spioenasie-aanklagte was nodig omdat wetlike en politieke pogings om sy vryheid te beskerm nie voldoende was nie. Hy sê hy het uiteindelik vryheid bo geregtigheid gekies. Hy sê verder hy is alleenlik vry omdat hy skuldig op die joernalistiek gepleit het. Die 53-jarige Assange het in Junie na sy tuisland Australië teruggekeer nadat ‘n ooreenkoms aangegaan is vir sy vrylating wat daartoe gelei het dat hy skuldig gepleit het aan die oortreding van Amerikaanse spioenasiewetgewing. Hy het die Komitee oor Regsake en Menseregte by die Raad van Europa toegespreek, die internasionale organisasie wat veral bekend is vir sy menseregtekonvensie.