Britte word met huurvlug ontruim uit Libanon

Die Britse regering het ‘n huurvlug gereël vir Britte wat Libanon wil verlaat te midde van toenemende geweld. Daar is kommer oor die toenemende geweld in die Midde-Ooste nadat die Hezbollah-leier, Hassan Nasrallah, die naweek in Israelse lugaanvalle op Beiroet dood is. Die Israelse Weermag het ook beperkte, plaaslike en geteikende grondaanvalle teen Hezbollah in Libanon van stapel gestuur. Brittanje se minister van Buitelandse Sake, David Lammy, sê die vlug sal môre vanaf die Beiroet-Rafic Hariri-Internasionale Lughawe vertrek: