Oasis tree volgende jaar in VSA, Kanada en Mexiko op

Oasis gaan volgende jaar in Augustus en September deur Amerika, Kanada en Mexiko toer as deel van sy re-unie-toer. Na ʼn stilte van 15 jaar het Liam en Noel Gallagher in Augustus Oasis se toerdatums na die Verenigde Koninkryk en Ierland bekend gemaak, en kaartjies het onmiddellik uitverkoop. Oasis is in 1991 in Manchester gestig en het een van die suksesvolste groepe van die era geword. Hulle het 75-miljoen albums verkoop en wêreldwyd opgetree. Hulle albums sluit in Definitely Maybe, Be Here Now, en Don’t Believe the Truth.