Man met lopende grassnyer op ken breek rekord

Die reeksrekordbreker David Rush het ‘n afstand van 359,08 meter afgelê met ‘n lopende grassnyer wat op sy ken gebalanseer was om ‘n wêreldrekord te breek.

Rush, die houer van die meeste gelyktydige Guinness Wêreldrekordtitels, het ‘n elektriese grassnyer gebruik om die rekord in Boise, Idaho, aan te durf.

Die vorige rekord wat gebreek moes word, 71,5 meter, het hy self in 2017 opgestel.

Rush het gesê dat die wind dit vir hom moeilik gemaak het om die grassnyer te balanseer en al het hy sy vorige rekord oortref, sou hy nog verder kon loop, maar die wind het uiteindelik die grassnyer van sy gesig afgewaai.

’n Assistent wat langs Rush gestap het, het vinnig die grassnyer se krag afgeskakel toe dit geval het.

Rush het die rekord met ‘n afstand van 359,08 meter behaal.

Foto: UPI