Mbappé sal teen sy broer Ethan uitdraf

Real Madrid het Kylian Mbappé ingesluit in sy groep vir môre se Kampioeneligawedstryd teen die Franse span Lille nadat hy ‘n wedstryd misgeloop het met ‘n kuitbesering. Daar is verwag die Franse voorspeler sou langer buite aksie wees, maar het skynbaar vinnig herstel. Madrid se afrigter, Carlo Ancelotti, het Mbappé gekies vir die besoek aan Lille, waar sy broer Ethan speel.