Feinberg-Mngomezulu dalk res van die jaar op die kantlyn

Rugby: Die jong Springbok-ster Sacha Feinberg-Mngomezulu kan langer as wat verwag is op die krukkelys wees met ‘n kniebesering wat hy opgedoen het voor die Rugbykampioenskaps-oorwinning oor die All Blacks in Johannesburg. Hy het nie vir afrigter Rassie Erasmus of die mediese span daarvan gesê nie en nogtans gespeel, wat dalk die besering vererger het. Feinberg-Mgnomezulu het later ‘n operasie ondergaan en daar is verwag hy sou die Bokke se jaareind-toer in Europa kon meemaak, maar sy span, die Stormers, glo hy sal nie vanjaar weer kan speel nie.