Whk takel nuwe waterinfrastruktuur

Die Stad Windhoek gaan voort met ‘n 1,7 miljard Namibiese dollar projek om in die stad se groeiende waterbehoeftes te voorsien. ‘n Nuwe regstreekse drinkbare herwinningsaanleg sal gebou word, en die Gammams- en Otjomuise-afvalwaterbehandelingsaanlegte sal uitgebrei word. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Lydia Amutenya, Stad Windhoek se woordvoerder, oor wanneer die projek voltooi sal wees en die belangrikheid daarvan.