Brandstofprys kon meer gedaal het, as spoorvervoer benut was

Die energie-ministerie het aangekondig dat die pryse van petrol en diesel op 2 Oktober met 1 Namibiese dollar per liter sal daal. Die padgebruikersheffing, wat deel vorm van die brandstofprys, is met 25 sent per liter verhoog na 2 dollar 23 sent per liter. Die geweegde brandstof-vervoertariewe is ook ingestel om die spoortariewe tussen Walvisbaai en binnelandse brandstofdepots te vervang. Die nuwe tariewe is gemiddeld sowat 21,9 persent hoër as die spoortariewe. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met dr. Omu Kakujaha-Matundu van die departement ekonomie by Unam oor die impak van al hierdie bewegings.

Hy sê die regering en TransNamib moes lankal die spoorgeriewe opgeknap het, sodat brandstof goedkoper kan wees in die binneland.