Freedom Under Law verwelkom interdik teen Hlophe

Freedom Under Law verwelkom die beslissing van die Wes-Kaapse Hooggeregshof om ʼn interdik uit te reik teen voormalige regter John Hlophe. Die interdik bly van krag totdat alle regsuitdagings bygelê is. Die beweging sê die hof het bevind daar is ʼn sterk saak teen sy aanstelling, wat beteken hy sal nie die sitting van die Regterlike Dienskommissie in Oktober bywoon nie. Die beweging voer aan Hlophe se deelname bedreig regterlike onafhanklikheid en verwys na sy verwydering weens growwe wangedrag.