Iran waarsku Israel oor vergelding vir moord op Nasrallah

Iran se hoogste leier, Ayatollah Ali Khamenei, het Israel gewaarsku dat wraak geneem sal word vir sy sluipmoord op Hezbollah se veteraanleier, Sayyed Hassan Nasrallah. Khamenei het vyf dae van amptelike rou aangekondig en gevra vir ‘n dringende vergadering van die Organisasie van Islamitiese Samewerking se 57 lede. Iran het ook gevra dat die VN-veiligheidsraad vergader oor Israel se optrede in Libanon en regoor die streek. Israel se veiligheidsmagte is op hoë gereedheid geplaas vir moontlike vergelding.