Walvisbaai raadslid het vrae oor RedForce

Die Walvisbaai Munisipaliteit het ‘n verskoning aan RedForce gerig nadat ‘n skikkingsooreenkoms tussen die munisipale raad en die maatskappy bereik is. RedForce sal heraangestel word as die munisipaliteit se skuldinvorderaar. Stadsraadslede het egter kommer uitgespreek oor verskeie sake wat met die maatskappy verband hou. Die munisipaliteit se uitvoerende hoof, Victoria Kapenda, het in ‘n brief aan raadslid Ryan Gordon gesê dat die raad reeds die RedForce-aangeleentheid aangespreek het deur ‘n resolusie wat op 27 Junie aanvaar is en op 16 Julie bevestig is. Hierdie resolusie negeer enige vorige aksies wat rakende RedForce geneem is. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met raadslid Ryan Gordon, wat glad nie gelukkig is nie.