Minstens 15 sterf in modderstorting by onwettige goudmyn

Minstens 15 mense is dood en talle is steeds vasgevang onder dik modder nadat ‘n grondverskuiwing ‘n onwettige goudmyn op die eiland Sumatra getref het. Inwoners was ten tye van die voorval besig om vir goud te delf. Die plaaslike rampvoorkomingsagentskap sê minstens 25 mense is steeds onder die modder. Reddingswerkers kon tot dusver drie beseerdes red. Informele mynbedrywighede is algemeen in Indonesië. Dit bied ‘n karige bestaan aan duisende mense wat onder gevaarlike toestande werk, met ‘n hoë risiko van ernstige beserings of dood​​.