Strale word uit swartgat in die ruimte vrygestel

Sterrekundiges het twee reusestrale waargeneem wat uit ʼn reusagtige swart gat 7,5-miljard ligjare van die aarde af vrystel word. Die megastruktuur is 23-mijoen-ligjare lank wat dit die grootste swart gat maak wat nog waargeneem is. Die strale het ʼn kraguitset gelykstaande aan miljoene-miljarde sonne. Die ontdekking laat sterrekundiges herbesin oor hoe uiters groot strale uit ʼn swart gat kan wees asook hoe hierdie reuse-eienskappe hulle omgewing en die struktuur van die heelal kan beïnvloed.