Nust se Lüderitz-kampus strook met groenekonomie doelwitte
Nust het sy Lüderitz-kampus, ook bekend as die Technovation Park, bekend gestel. Boonop het Nust meer grond bekom vir die uitbreiding van die kampus. Browny Mutrifa, bedryfshoof van Nust, sê die grond beslaan 80 000 vierkante meter, of agt hektaar. Volgens hoër onderwys-minister Itah Kandji-Murangi, is die universiteit se uitbreiding in ooreenstemming met die land se doelwitte om ‘n groenekonomie te vestig.