Misdadigheid: Whk is 31ste uit 321 in die wêreld geplaas

Volgens Numbeo se jongste peiling oor misdaad en stede in die wêreld, loop Pietermaritzburg in Suid-Afrika voor met ‘n misdaadindeks van 82,4. Pretoria is tweede, Johannesburg vyfde, Durban sesde en Gqerberha, sewende. Windhoek is in die 31ste posisie met ‘n misdaadindeks van 67,1, twee plekke onder Mexiko Stad, berug vir sy misdaadvlakke. Die veiligste stad in die wêreld, op 321ste is Abu Dhabi in die Verenigde Arabiese Emirate. Die misdaadindeks in die stad is 11,9. Windhoek se posisie is kommerwekkend wanneer bevolkingsyfers in ag geneem word. Windhoek het 494 000 inwoners. Maar op eerste plek is Pietermaritzburg uiters gevaarlik – daar is 553 000 inwoners.