Kunsmis-vervaardiging moeilik in Namibië

Die Bank van Namibië se direkteur van navorsing en finansiële sektor-ontwikkeling, Emma Haiyambo, sê die land het ‘n nasionale kunsmisproduksiestrategie nodig om produksiekoste te verminder en wêreldwyd mee te ding. Sy sê deur kunsmis binnelands te produseer, kan Namibië nie net sy afhanklikheid van duur invoere verminder nie, maar ook sy landbouwaardeketting versterk. Maar reeds in 2018 het Thomas Abanga, die stigter en uitvoerende hoof van Abanga Farms and Food Systems, op die Omaheke Werkskeppingskonferensie gesê sy maatskappy is in die finale stadium van die oprigting van ‘n kunsmisfabriek. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Hanks Saisai, Agribank se tegniese adviseur wat in gewasse spesialiseer, wat die uitdagings uiteensit.