Korrupsie is ANC-kanker: Activists and Citizens Forum

Die Activists and Citizens Forum sê korrupsie in Suid-Afrika is erger onder president Cyril Ramaphosa as wat dit onder oudpresident Jacob Zuma se administrasie was. Hy beklemtoon die ernstige bewerings van korrupsie in die Gautengse wetgewer. Die destydse speaker, Ntombi Mekgwe, en ander ANC-amptenare het volgens berigte tugprosesse gekeer, na bewerings van bedrog en verkwistende uitgawes waarby 32 werknemers en twee lede van die wetgewer betrokke was. Die forum se woordvoerder, Dennis Bloem, sê korrupsie is ʼn ANC-kanker en nie ʼn Zuma-probleem nie: