Nampol op soek na pa wat dogtertjie, 2, verkrag

Die Namibiese polisie in die Omaheke-streek is op soek na ‘n man wat na bewering ‘n tweejarige dogtertjie verkrag het. Volgens die naweek-misdaadbulletin het die gru-daad hom omstreeks 11-uur Saterdagaand by die Kanaan A. Epako-nedersetting in Gobabis afgespeel. ’n 13-jarige meisie wat saam met haar ouers by die bure televisie gekyk het, het huis toe gegaan om te slaap. Toe sy die hut binnestap, het sy die man betrap wat na bewering besig was om die kleuter te verkrag. Die man, wat bekend is, het gevlug. Die slagoffer is na die Gobabis-staatshospitaal geneem. Reaksie is ontvang van die sosiale aktivis Linda Baumann.