Skuiwergate in tenderproses is hier nes in SA…

In Suid-Afrika het Corruption Watch ʼn toename van 247-persent vanaf 2021 tot 2023 in die wettige omseiling van verkrygingsreëls onthul. Die mees algemene redes daarvoor is onder andere noodverkryging en eenpersoon-verskaffers. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Nico Smit, skadu-finansminister van die PDM, wat sê Namibië sukkel ook met noodverkryging, en dit is waar die meeste korrupsie plaasvind.