China waarsku Amerika teen diskriminasie

China het die Verenigde State gewaarsku om nie “diskriminerende stappe” teen sy ondernemings te doen nie, nadat berigte verskyn het waarin Washington beplan om voertuie wat Chinese en Russiese tegnologie gebruik, te verbied. Bloomberg en ander media berig die Verenigde State oorweeg nuwe reëls waarin hardeware en sagteware vir voertuie wat in China vervaardig word, verbied word. Die woordvoerder van die ministerie van Buitelandse Sake, Lin Jian, het gesê China het die VSA aangemoedig om markbeginsels te respekteer en ‘n oop, regverdige, deursigtige en nie-diskriminerende sake-omgewing vir Chinese ondernemings te voorsien.