Alacaraz skiet vergelykings met Federer af

Tennis: Carlos Alcaraz het vergelykings met die 20-malige Grand Slam-toernooiwenner, Roger Federer, afgeskiet, oomblikke nadat sy oorwinning gister oor Taylor Fritz die Laver-beker vir Europa ingepalm het. Die 21-jarige Spanjaard, wat die eerste keer aan die toernooi deelgeneem het, het Fritz met 6-2, 7-5 geklop om die toernooi in Berlyn te wen. Na sy oorwinning is die viermalige Grand Slam-toernooiwenner met Federer vergelyk, maar volgens Alcaraz is so ʼn vergelyking “onmoontlik”. Hy sê hy is nog te ver van daardie vlak en hoop om dit eendag te bereik.