Windhoek Skou bied, vee, pretritte en veel meer

Die Windhoek Skou 2024 kom vinnig nader en beloof ‘n wonderlike tyd vir almal. Harald Schmidt, uitvoerende hoof van die Windhoek Skouvereniging, bevestig dat voorbereidings vlot verloop, en besoekers kan ‘n reeks opwindende nuwe besienswaardighede verwag, insluitend verskeie pretpark-ritte en ‘n verskeidenheid vee. Ten spyte van die uitdagings van die droogte, sê Schmidt dat daar baie diere op veiling gaan wees. Schmidt het met Kosmos 94.1 Nuus gesels en was entoesiasties oor vanjaar se skou.