Magritte-skildery kan N$1 miljard op veiling haal

‘n Seldsame skildery deur René Magritte in sy gewilde L’empire des lumières-reeks sal na verwagting in November meer as een-miljard-Namibiese dollar op ‘n veiling van die afslaer Christie’s in New York haal. Die skildery is een van 27 waarin Magritte met lig geëksperimenteer het met ‘n sonverligte uitspansel oor ‘n donker straattoneel. Indien die skildery uit die boedel van die ontslape binnehuis-ontwerper Mica Ertegun die geraamde prys haal, sal dit ‘n nuwe rekord vir ‘n Margitte op ‘n veiling wees.