Trek jou bakkies die lelikste

Het jy al gehoor van die Wêreld Gurning-kampioenskappe? Dis waar mense meeding deur die vreemdste gesigte te trek! En hierdie jaar het, Tommy Mattinson, 52 jaar oud, vir ’n ongelooflike 19de keer gewen! Hy sê hy gaan aanhou tot hy 30 titels het!

Tommy het die kroon in die manskategorie gewen, en Claire Lister, 37, het vir die agtste keer in ’n ry in die dameskategorie gewen. Claire se dogter, Kendal, het in die junior afdeling as die kampioen weggestap. Dis ‘n groot familie-affêre!

Wat is Gurning? Wel, deelnemers trek hul gesigte so aaklig as moontlik terwyl hulle deur ’n groot perdehalsband loer, en ’n paneel van vyf beoordelaars besluit wie die grootste verandering in hul gesig kan maak.

Tommy, wie se pa ook ’n gurning-kampioen was, sê hy raak so gefokus wanneer hy sy gesig trek dat hy niks anders kan hoor of voel nie.

Dit was nie net ’n maklike wen nie, want daar was strawwe kompetisie, maar Tommy sê hy is altyd bly om te wen. Hy het al op televisie verskyn en hou daarvan om bekendes te ontmoet, maar sy liefde vir gurning het begin toe hy as kind sy pa se gesigstreke probeer namaak het.

By die Egremont Crab Fair, waar hierdie kompetisie elke jaar gehou word, kan jy ook aan horingblaas-kompetisies en kruiwaresies deelneem. Hierdie fees dateer terug na 1267! 

Foto: The Mirror