Bokke kry eie medisyne met eenpunt-oorwinning

Daar wag volgende week ‘n oorlog in Mbombela om te bepaal wie vanjaar die kampioen van die Rugbykampioenskap gaan wees. Dit volg na die Poemas die Springbokke in Santiago met een punt, 29-28, verslaan het. Daar word berig dat die Poemas die Bokke hulle eie medisyne gegee het met ‘n eenpunt-oorwinning. Die Argentyne het ‘n kanniedood-houding getoon ten spyte van die flair wat die Bokke getoon het met ‘n voorsprong van 17-0 in die eerste 12 minute van die wedstryd.