Afghanistan vat eerste eendagreeks teen Proteas

Die Proteas het weer hulle Moses teëgekom teen Afghanistan in ‘n eendagwedstryd in Sharjah, toe hulle met 177 lopies verloor het. Die Suid-Afrikaners het Woensdag met ses paaltjies verloor, en dus die reeks van drie wedstryde ook. In Vrydag se wedstryd het Rahmanullah Gurbaz ‘n puik honderdtal gemoker, voor die draaier Rashid Khan sy 26ste verjaardag behoorlik gevier het en vyf paaltjies laat kantel het. Môre se wedstryd is in dieselfde stadion in die Verenigde Arabiese Emirate.